Wanneer ’n skatryk Angolese sakeman met twee koëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kasssie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaien, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?
Die nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie hulle ligtrap. Hy soek resultate en eintlik wou hy dit al gister gehad het. Om sake te vererger is Kassie onder groot druk van sy vrou om af te tree.
’n New Yorkse beleggingsbestuurder, ’n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne en ’n hoogaangeskrewe dog geslepe sakevrou is almal op n manier met die vermoorde man verbind. Die vraag is wat het hulle met die raaiselagtige transaksies te doen. Kassie en Rooi moenie net ’n moord oplos nie, maar ook ’n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot. Een waarbinne nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.
Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar hy sonder moderne tegnologie moet klaarkom. Met die naderende munisipale eleksie neem sy probleme net toe.
Burgemeester en sakeman Duimpie du Plooy dreig om syadvertensies uit die koerant te onttrek as Soois iets oor die
verkiesing skryf waarmee hy nie tevrede is nie.
Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen eerlike joernalistieken beriggewing wat nie op tone trap nie. Geensins ’n malike taak nie, want vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. Die regerende party is onder meer vurige kampvegters vir die behoud van kleinhuisies terwyl die opposisie spoeltoilette op die dorp wil laat installeer.
Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot
amptelik.
Sosiale Netwerke