Kuns

Rudie skilder die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid- Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy hou daarvan om te eksperimenteer met verskillende style en media (akriel, olie, akriel en sand of grond, akriel en fyn klippies, waterverf) en gebruik soms net 'n paletmes om sy skilderye te maak.

Humor is 'n belangrike element in baie van sy skilderye en sy bewondering vir Picasso vind inslag in die meeste van sy werk.

Sy skilderye kan in die volgende kategorië verdeel word: Afrika; Landskappe;Stadslandskappe; Die Kaapse omgewing; Picasso-inspirasie; Werke met 'n ekspressionistiese inslag; Diere en sy sogenaamde "Comic Art" (geïnspireer deurdie swart-en-wit strokieprente in koerante van sy jeug).

'n Paar voorbeelde van elke kategorie is hier ingesluit.


Afrika

Landskappe

Stadslandskappe

Kaap

Picasso-inspirasie

Ekspressionisme

Diere

Comic Art

Sosiale Netwerke


css.php Top