rudie3

In 2008 word Rudie se komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers.  In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters. Rudie het in die verlede spotprente vir verskeie publikasies geteken en ’n strokieprent van hom het ’n tyd lank in Huisgenoot en You verskyn. In 2017 verskyn die kortverhaalbundel, Op die spoor van, waarvan Rudie die samesteller is.

 

 

Op die spoor van

op_die_spoor_van_thumb

In Junie 2017 op die rakke. 'n Kortverhaalbundel met veertien speurverhale deur topskrywers, onder andere Rudie van Rensburg, Kerneels Breytenbach, Karin Brynard, Deborah Steinmair, Zirk van den Berg, Francois Smith, Tertius Kapp, Martin Steyn, Bettina Wyngaard en Nathan Trantraal om maar 'n paar te noem.

 

Die Begrafnis

begraf

Lof vir Die Begrafnis:

Van die beoordelaars sê:

“Deurgaans puik. Die karakters is netjies afgebaken, elkeen pas in sy eie vel. Die humor is onverbeterlik.” – Jeanne Goosen.

“Ek het lekker gelag! Die situasie is baie snaaks, die komedie ongeforseerd en sonder foefies.” – Elize Cawood.

“A gentle, almost ‘small town’ story with excellent humour, vivid characters, very good dialoque and engaging development of story.”- Mike van Graan.

Die Begrafnis was uitverkoop by die KKNK, die Volksblad-kunstefees (nou Vryfees) en by Aardklop.

Lees Adriaan Meyer se resensie oor die boek onder RESENSIES.

 

Die Doempies

doempiepic1

Beskrywing van Die Doempies van Tafelberg (ook in Engels beskikbaar as The Doempies of Table Mountain):

Die Doempies bly op Tafelberg. Hulle is baie klein mensies en word selde raakgesien deur besoekers aan die berg. In dié boekie kan jy alles oor die Doempies leer: Hoe hulle lyk, hoe hulle op Tafelberg beland het, hoe hulle huisies lyk en wat hulle eet en drink. Die Doempies het ook hul eie taal, alfabet en hul bordspeletjie. En daar is ook bekende Doempies om mee kennis te maak, soos Vuurvreter Doempie, Dokter Doempie, Meester Doempie en Vuurtoring Doempie. Op Duiwelspiek, die spitsberg langs Tafelberg, bly die Piekers. Hulle is vuil, harig en blaf soos honde. Die Piekers steel soms die Doempies se kos.

Dié boekie is teen R50 (posgeld uitgesluit) by die skrywer beskikbaar. Plaas bestelling op die kontakbladsy.

 

Die Smitte

smitte

Die Strokieprent Die Smitte het in Huisgenoot en You verskyn. Sedert die sewentigs het Rudie gereeld sportprente geteken en illustrasies aan verskeie publikasies voorsien.

Sosiale Netwerke


css.php Top