Leeumens

IS KASSIE EN ROOI OP ’N SELFDOODSENDING? Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het se geraamtes word deur ’n stootskraper in ’n veld opgediep. Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar ...


Hans hou bruilof

Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings oor aan befaamde troubeplanner Alexander Fokkens. Die swier en omvang van die troue staan Hans egter nie aan nie. Hy is bang dit ontaard in ’n spektakel. En gou besef Fokkens ...


Gebooie

’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af. En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan. Die moordenaar se beplanning is onberispelik en hy laat smetlose moordtonele agter. Boonop pantser deeglike navorsing hom teen foute wat reeksmoordenaars se doppies in die verlede geklink het. Kassie-hulle is met ...


Hans kry troukoors

Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie.Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, die minlike Liefiediefie, in HuisMadeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaaksy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.Nog ’n ...


Dwelm

TWEE GEWESE SPEURDERS WORD KOELBLOEDIG LANGS ’N PLAASDAM AFGEMAAI . . . En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle ’n saak erf waarvan ...


Doolhof

Omstrede oud-politikus en skatryk sakeman Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi moet agter die kap van die byl kom.          Gou het hulle nie minder nie as ses verdagtes: Die Deysel-eggenoot met die vreemde huweliksverhouding; die vermoorde se minnares met die bedenklike verlede; ’n verregse, onstabiele pa en seun; ’n ...


Hans hou sy lyf Sherlock

Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n paramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, ...


Monster

Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester (lesers onthou hom uit 2019 se Vloek) se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by ’n kruispad, en hy sluit aan by die Kaapstad-tak van Mercurius, ’n gesiglose steunpilaar van die CIA. Intussen word ’n wêreldbekende Saoediese ...


Hans bars die bioborrel

Huis Madeliefie se inwoners word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans van Kraaienburg besef dit gaan elke faset van hul lewens raak, want teen hierdie virus groei geen kruid nie. Maar die drakoniese reëls wat die tehuis se interne bevelsraad uitvaardig, kry nie vatplek by Hans en kie ...


Hartedief

KAAPSTAD SE VROUE WORD AFGEMAAI AS DIE WOLKE SAAMPAK ... En dis Kassie en Rooi wat die moordenaar moet vastrek. Maar hoe spoor jy ’n miljoenêr-ontsnappeling op wat geen digitale spoor los nie, nie eens ’n selfoon besit nie en hope vals ID’s het? En boonop sy slagoffers se harte steel met ...


Hans gee Herklaas horings

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy ...


Merk

Ná ses maande se siekverlof is kaptein Kassie Kasselman terug in sy pos by die Spookeenheid - taamlik oorgewig en sonder sy pakkie Lucky Strikes.   Dadelik word hy en Rooi Els by die diep kant ingegooi wanneer 'n reeksverkragter 'n vlaag van paniek in Kaapstad se noordelike voorstede veroorsaak. Die misdadiger ...


Vloek

Sy rekord word uitgewis – maar wat gaan dit hom kos?  In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gelê is. In Vloek is Carl terug. Ná ’n dekade word hy skielik gevrywaar ...


Medusa

Kassie Kasselman en Rooi Els het nog nooit só saak hanteer nie. Kassie ervaar sterk emosies en dit stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van 'n saak se gegewens sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy ...


Ys

Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ...


Hans steek die Rubicon oor

Op 90 is Hans nog hups en springlewendig. Sy orige kinders maneuvreer hom egter vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis in die Kaap en in Huis Madeliefie in. Maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone – ’n afgetrede ...


Kamikaze

Kassie Kasselman is kriewelrig . . . Sy lewe lank was hy ’n poliesman, maar wragtig, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees . . . En hy’t juis ’n ander werksaanbod. Te midde van sy loopbaankrisis kom Kassie teen die grieseligste booswig nóg te staan, ...


Pirana

Beskrywing: Wanneer Kassie Kasselman die saak van 'n vermiste oudkollega begin ondersoek, is dit duidelik hier skuil meer as net 'n dwelmverwante verdwyning. Hoe lyk dit dan vir Kassie of dit verband hou met die twee ander sake - 'n ontvoering en 'n moord - op sy lessenaar? Van die Kaapse ganglands tot ...


Judaskus

Beskrywing: Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit ...


Kopskoot

Beskrywing: REEKSMOORDENAAR, OF MOORD? Wanneer iemand Kaapstad se ses en vyftigjarige mans begin afmaai, is dit kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil baie na ’n reeksmoordenaar lyk – almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom – maar Kassie is net nie oortuig nie. Boonop word hy aangesê om ’n skouspelagtige skilderyvervalsing te ...


Slagyster

Beskrywing: DAAR’S  ’N MOORDDOSSIER OP INSPEKTEUR KASSIE KASSELMAN SE LESSENAAR. . . In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n moorddadige rebellegroep. Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg ...



Sosiale Netwerke


css.php Top