Hans gee Herklaas horings

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.

Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!

Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, en Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Bladsye: 231

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top