Leeumens

IS KASSIE EN ROOI OP ’N SELFDOODSENDING?

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het se geraamtes word deur ’n stootskraper in ’n veld opgediep.

Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse ondersoek betrokke was.

Maar om ’n saak onder die radar te probeer oplos, blyk gou onprakties te wees. Wanneer Kassie-hulle tot ’n openlike ondersoek oorgaan, maak hulle slapende honde wakker. Hulle beland in ’n maalstroom van ongekende gevare.

’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie.

Bladsye:

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top