Enigma

Wanneer ’n skatryk Angolese sakeman met twee koëlgate in sy bors in ’n hotelkamer in Kaapstad aangetref word, moet Kasssie en Rooi die saak ondersoek. Die kokaien, ongeslypte diamante en edelgesteentes in sy bagasie slaan hulle dronk. Wat doen ’n gesiene persoon, wat ’n Suid-Afrikaanse minister kom adviseer het, met vermoedelik smokkelware in sy besit?


Die nuwe en omgesukkelde tydelike bevelvoerder van die Spookeenheid laat Kassie hulle ligtrap. Hy soek resultate en eintlik wou hy dit al gister gehad het. Om sake te vererger is Kassie onder groot druk van sy vrou om af te tree.


’n New Yorkse beleggingsbestuurder, ’n Angolese skurk met verskeie geldmaakplanne en ’n hoogaangeskrewe dog geslepe sakevrou is almal op n manier met die vermoorde man verbind. Die vraag is wat het hulle met die raaiselagtige transaksies te doen. Kassie en Rooi moenie net ’n moord oplos nie, maar ook ’n internasionale netwerk van kriminele aktiwiteite ontbloot. Een waarbinne nie geskroom word om mense permanent uit die weg te ruim nie.

Bladsye:

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top