Archive for April, 2014

Kopskoot

Posted on: April 24th, 2014 by admin No Comments

Beskrywing:

REEKSMOORDENAAR, OF MOORD?

Wanneer iemand Kaapstad se ses en vyftigjarige mans begin afmaai, is dit kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil baie na ’n reeksmoordenaar lyk – almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom – maar Kassie is net nie oortuig nie.

Boonop word hy aangesê om ’n skouspelagtige skilderyvervalsing te ondersoek, asof hy nie genoeg regte werk het nie. En dan’s daar die glibberige aktuaris met die voorliefde vir prostitute wat die leisels van ’n groot maatskappy gaan neem, mits sy afperser nie die oorhand kry nie. Sal Kassie sy nuwe gesondheidsdieet oorleef om te kan uitvind hoe dit alles inmekaar steek?

“‘n Vars bries en ‘n lekkerlees-stem in Afrikaanse misdaadfiksie.” – Deon Meyer

“Kopskoot is ‘n koningsmaal vir misdaadvrate.” – Deborah Steinmair in Rapport

Slagyster

Posted on: April 24th, 2014 by admin No Comments

Beskrywing:

DAAR’S  ’N MOORDDOSSIER OP INSPEKTEUR KASSIE KASSELMAN SE LESSENAAR. . .

In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n moorddadige rebellegroep.

Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper in die geld rol. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, dansy SAPD-hoëlui en die Nigderiese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?

Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe, totdat sy vorige bevelvoerder kom met ’n versoek wat Carl nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. Hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie. . .

Van dit alles moet Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?

Lof vir slagyster

“Ek was lanklaas so beïndruk met ’n boek, laat staan nog ’n debuutroman.” –   dr. Elzette Steenkamp in Rapport.

“Hierdie wiewassit word hoog aanbeveel vir onversadigbare misdaadvrate.” – Deborah Steinmair op LitNet.

“Al slaan Afrikaanse speurverhale deedae soos paddastoele op, is een debuut deurgaans aangeprys as “’n verrassing”, “verwikkeld” en “indrukwekkend”.Boonop is die joernalis Rudie van Rensburg se Slagyster ’n deksels lekker leeservaring.” – Elmari Rautenbach in Die Burger.

*  Slagyster is een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir debuutfiksie in 2013 by enige uitgewer.

Sosiale Netwerke


css.php Top