https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/dwelm-trefseker-pyl-van-n-bobaas-verteller-20230723
Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie.
Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, die minlike Liefiediefie, in Huis
Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak
sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.
Nog ’n nuwe inkommer, die windbol Janneman Vermaak, kry egter al Liefiediefie se
aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende
talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld te wen is.
’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan
het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem.
Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat
voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .
In die nuutste boek in dié gewilde topverkoperreeks is Hans en sy vriende Vasie,
Maatjie en Liesbet terug met ’n skreeusnaakse ondersoek om skreiende skelmstreke
op die lappe te bring.
TWEE GEWESE SPEURDERS WORD KOELBLOEDIG LANGS ’N PLAASDAM AFGEMAAI . . .
En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle ’n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is.
Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kop-af raak. Geraamtes uit die verlede, ’n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, ’n leier van ’n eens berugte tronkbende, en ’n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het?
Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie . . .
Omstrede oud-politikus en skatryk sakeman Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi moet agter die kap van die byl kom.
Gou het hulle nie minder nie as ses verdagtes: Die Deysel-eggenoot met die vreemde huweliksverhouding; die vermoorde se minnares met die bedenklike verlede; ’n verregse, onstabiele pa en seun; ’n glibberige kalant in die uitsmyterbedryf; én ’n man wat glo sy broer se selfdood kan voor Deysel se deur gelê word. Kassie dool omtrént tussen dié skare, een en elk met ’n motief vir moord.
Intussen is ’n Britse ondersoeker op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsakman wat sy selfrespek moet herwin, steier telkens terug van ’n onsimpatieke samelewing se dwarsklappe.
Kassie en Rooi pak hul moordondersoek sonder veel forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle. Dis heeltyd net doodloopstrate en syspore, ’n ware doolhof om hom en Rooi.
Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit ̶ en met die perfekte moord wegkom?
Sosiale Netwerke