Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie.
Maar alles verander wanneer ’n nuwe inwoner, die minlike Liefiediefie, in Huis
Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak
sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.
Nog ’n nuwe inkommer, die windbol Janneman Vermaak, kry egter al Liefiediefie se
aandag. Hy het die ander inwoners ook gou onder sy duim met die opwindende
talentkompetisies wat hy reël, waar groot prysgeld te wen is.
’n Verdere pen word in Hans se hart gedryf toe hy besef hierdie opperse snoeshaan
het sy posisie as leidsman in die tehuis oorgeneem.
Maar die ou Hans van Kraaienburg ontwaak gou wanneer hy aan sy broek se naat
voel daar vind ’n gekonkel by die talentkompetisies plaas . . .
In die nuutste boek in dié gewilde topverkoperreeks is Hans en sy vriende Vasie,
Maatjie en Liesbet terug met ’n skreeusnaakse ondersoek om skreiende skelmstreke
op die lappe te bring.
Sosiale Netwerke