Archive for May, 2022

Monster

Posted on: May 6th, 2022 by admin No Comments

Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester (lesers onthou hom uit 2019 se Vloek) se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by ’n kruispad, en hy sluit aan by die Kaapstad-tak van Mercurius, ’n gesiglose steunpilaar van die CIA.

Intussen word ’n wêreldbekende Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n Suid-Afrikaanse joernalis as onwillige ooggetuie. Hy besef hy hou dinamiet in sy hand vas. Maar as hy sy kaarte reg speel, wen hy dalk ’n sorgelose nuwe lewe.

Gevolge van dié joernalis se besluite kring verder uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Sy pad kruis weer met dié van Sarah, ’n bekende word grusaam keelaf gesny, en soortgelyke politieke moorde word uit die verlede opgediep. Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.

En wie is die geheime tussenganger, Bahir, wat Saoediese sake in Suid-Afrika onder ’n dekmantel orkestreer . . .

Sosiale Netwerke


css.php Top