Die name van die wenners van die ATKV-Woordveertjies word op 12 September bekend gemaak.
Die pryse word jaarliks toegeken vir uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Finaliste in verskeie kategorieë sluit in:
ATKV-prosaprys
Vuurklip deur Marié Heese, ’n Man van min belang deur Chris Karsten (albei uitgegee deur Human & Rousseau) en Klimtol van Etienne van Heerden (Tafelberg).
Liefdesromanprys
Driehoek deur Sophia Kapp, Die ander Vrou deur Kristel Loots (albei by Lapa) en Sushi en sjampanje deur Kristel Loots (Tafelberg).
Poësieprys
Hierdie Mens deur Wilma Stockenström (Human & Rousseau), Chokers en Survivors deur Nathan Trantraal (Kwela Boeke) en Kaar deur Marlene van Niekerk (Human & Rousseau).
Prys vir romanses
Diagnose: Verlief deur Dina Botha, Soleil en die Sakeman deur Marijke Greeff (albei Lapa-boeke) en Te eenders, te anders deur Elsa Winckler (Satyn).
Spanningslektuurprys
Kobra deur Deon Meyer (Human & Rousseau), Slagyster deur Rudie van Rensburg (Queillerie) en Ou Bloed deur Peet Venter (Lapa).
Dramateksprys
Wond deur Charles J. Fourie, Rondomskrik deur Rachelle Greeff en Dirk Ligter deur Albert Maritz. Die name van die wenners van die kinderboek- en woordwystoekenning en die toekenning vir leesbevordering in Afrikaans word ook by die geleentheid op D’Aria, Durbanville, bekend gemaak.
Sosiale Netwerke