Medusa

Kassie Kasselman en Rooi Els het nog nooit só saak hanteer nie. Kassie ervaar sterk emosies en dit stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het hy geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van ‘n saak se gegewens sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy oordeelsfoute.
 
Maar hierdie saak laat dit nie toe nie. Dit besoedel sy denke. Dit kriool in sy binneste soos n bondel giftige slange. Boonop voel dit of elke leidraad soos ‘n geelwortel voor hulle neuse geswaai word, maar sodra hulle waag om daarna te hap, is daar niks. Die saak seil onder hom en Rooi uit. Hulle kan die glibberige spoor net in die verte sien kronkel. En die slagoffers gil desperaat om hulp . . .
 
In Medusa boor Rudie van Rensburg ‘n donkerder nuwe aar oop vir ons geliefde speurder Kassie Kasselman. Daar’s mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak – en kinderlewens op die spel.

Bladsye: 346

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top