bio

Rudie van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

Buiten sy spanningsromans en humoristiese boek, Hans steek die Rubicon oor, skryf hy ook ‘n drama, Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse), wat in 2008 by al die groot kunstefeeste opgevoer word. Die Begrafnis verskyn in boekvorm by Genugtig! In 2009 verskyn ‘n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

In 2019 verskyn Klem (die Nederlandse vertaling van Slagyster) in Nederland by Uitgeverij Volt in Amsterdam.

PRYSE/KORTLYSTE

2008: Die Begrafnis (drama) word by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg);

2013: Slagyster was een was van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het.

2013: Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

2017: Pirana is op die kortlys vir die kykNET-Rapport-boekprys (film).

2018: Kamikazi word in 2018 bekroon met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur.

2018: Kamikazi haal ook die kortlys vir die kykNET-Rapport-boekprys (film).

2018: Hans steek die Rubicon oor, word benoem vir een van Huisgenoot/Tempo se leesboeke van die jaar.

2019: Ys haal die SA Book Awards-kortlys vir een van die topverkopers in die volwasse fiksie-kategorie.

 

Hy skilder ook die afgelope 30 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Sosiale Netwerke


css.php Top