Hartedief

KAAPSTAD SE VROUE WORD AFGEMAAI AS DIE WOLKE SAAMPAK …

En dis Kassie en Rooi wat die moordenaar moet vastrek.

Maar hoe spoor jy ’n miljoenêr-ontsnappeling op wat geen digitale spoor los nie, nie eens ’n selfoon besit nie en hope vals ID’s het? En boonop sy slagoffers se harte steel met net een kyk?

Dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n mede-seëlversamelaar.

Om sake vir hom en Rooi te vererger, word hul baas by die Spesiale Spookeenheid daarvan verdink dat sy hul ondersoek doelbewus in die wiele ry.

Intussen broei daar weer onweer in die Kaap …

Bladsye:

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top