Hans hou bruilof

Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings oor aan befaamde troubeplanner Alexander Fokkens. Die swier en omvang van die troue staan Hans egter nie aan nie. Hy is bang dit ontaard in ’n spektakel. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die inwoners van Huis Madeliefie se brandende behoefte om na die majestueuse geleentheid uitgenooi te word, begin die laaste voerings van die troureëlings los te torring. Hans voel aan sy broek se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.

Bladsye:

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top