Kamikaze-momentum eenvoudig onstuitbaar – Jonathan Amid – Die Burger/Volksblad/Beeld – 5 Junie 2017

By admin  | 

 June 8th, 2017 | 


Ná vier konsekwent goeie misdaadromans is Rudie van Rensburg terug met Kamikaze. Soos elk van die vorige eenwoordtitels die verbeelding aangegryp het –Slagyster, Kopskoot, Judaskus en Pirana – is Kamikaze die skrywer se ambisieusste en donkerste wêreldbeskouing tot nog toe. Kamikaze ondersoek eietydse kwessies soos terrorisme en spioenasie (en die opgang ...

Baasspeurder Kasselman weer op sy stukke – Deborah Steinmair – Rapport – 4 Junie 2017

By admin  | 

 June 8th, 2017 | 


Krimi-lesers is gek na Nordiese noir, maar Mzansi-misdadigheid hoef nie ’n tree terug te staan nie. In Afrikaans het misdaadlesers 'n smorgasbord of dan ’n braaibuffet van wêreldklas-aanbiedings om uit te kies. Een van die voorste spanningwewers ter plaatse is Rudie van Rensburg. ’n Nuwe Van Rensburg-riller is net die doepa ...

Kamikaze deur Rudie van Rensburg: ’n resensie – Maryke Roberts – Litnet

By admin  | 

 June 8th, 2017 | 


Kamikaze is Van Rensburg se vyfde roman, na PiranaSlagysterKopskoot en Judas. Die speurder, kaptein Kassie Kasselman, en sy kollega, Rooi, is weer terug met nog ’n gruwelike moordenaar om te vang. Maar in hierdie boek is Kassie nie sy toegeeflike, gelukkige werknemer-self nie; hy is kriewelrig. Hy is al sy hele lewe lank ’n polisieman, ...

Skink gerus ’n crème soda – Deborah Steinmair (Rapport) 05 Junie 2016

By admin  | 

 June 8th, 2016 | 


Dié boek is tonekrullekker, skryf Deborah Steinmair. Rudie van Rensburg se jaarlikse misdaadroman is ’n hoogtepunt in die spanningslektuurlandskap. ’n Mens verslind dit in ’n paar gulsige happe, gryp na byvoeglike naamwoorde en kry ’n handvol beskrywings aan die stert beet: woorde waarop die skrywer van ’n kerkbasaarbiljet trots sou wees: ...

Wanneer wraak sy tande geduldig slyp – Jo Prins (Media24-koerante)

By admin  | 

 June 2nd, 2016 | 


Rudie van Rensburg is op die oog af ’n onwaarskynlike skrywer van misdaadfiksie. Ontmoet jy dié lang, maer man, is sy beleefdheid iets wat opval. Hy is amper té ordentlik. Maar moenie dat dít jou flous nie. Pirana, sy jongste Kassie Kasselman-boek, begin sommer met die intrapslag met dié woorde: “Dit het ...

Ilse Salzwedel resenseer Maroela Media se boek van die maand, Judaskus.

By admin  | 

 July 19th, 2015 | 


Judaskus van Rudie van Rensburg is die perfekte spanningsverhaal. Daar is interessante, uiteenlopende storielyne wat uiteindelik netjies saamloop en die leser kan – soos met sy twee vorige misdaadromans –  uitsien na deeglike navorsing wat soomloos met die storielyn integreer. Sedert Slagyster, sy sterk debuut in 2013, het Van Rensburg hom ...

Boekresensie op LitNet: Jaco Fouché

By admin  | 

 July 19th, 2015 | 


Rudie van Rensburg se Judaskus is ‘n boek wat rondloop. Die leser word herwaarts en derwaarts vervoer. Nie net tussen plekke soos Bloemfontein, diverse buurte in die Kaapse Skiereiland, Sasolburg en Hermanus nie, maar ook tussen die hedendaagse tydgreep en verskeie invloede uit die verlede wat daarin opklink. Ou moorde ...

Onder draai die leiers rond

By admin  | 

 June 3rd, 2015 | 


Suid-Afrika is nie net ’n wêreldleier wanneer dit by misdaad, egskeiding, verkragting, gesinsmoord, huurmoord en korrupsie kom nie. Ons speurverhaalskrywers trek toenemend aandag. En Deon Meyer is nie meer so eensaam op die toringspits van internasionaal gerekende Suid-Afrikaanse misdaadfiksie nie. Trouens, hy moet maar oor sy skouer kyk. Rudie van Rensburg ...


Sosiale Netwerke


css.php Top