LitNet-onderhoud: Jonathan Amid met Rudie van Rensburg

By admin  | 

 June 24th, 2014 | 


Rudie van Rensburg se tweede spanningsroman, Kopskoot, het onlangs verskyn. Hy vertel vir Jonathan Amid van sy skryfloopbaan, wat met 'n groot knal afgeskop het. Rudie, baie geluk met die publikasie van Kopskoot. Dis ’n fassinerende, naatlose riller wat geruisloos verskeie stemme, karakters en wêrelde bymekaarbring. Maar kom ons ...

‘Meesterlike werke’ ding mee om prys

By admin  | 

 June 4th, 2014 | 


KAAPSTAD. – Uiteenlopende debuutwerke ding vanjaar mee om die Jan Rabie-Rapportprys. Die prys is oop aan alle uitgewers en word vir ’n uitnemende debuut of vroeë Afrikaanse prosawerk uitgeloof. Dit het ’n geldwaarde van R35 000 en die wenners word Vrydagaand saam met die ander Media24-pryse bekend gemaak. Op dié kortlys is Carié Maas ...

Varsgedruk-insetsel op kykNET: Kopskoot

By admin  | 

 May 25th, 2014 | 


Reeksmoordenaar, of wraak? Toe iemand Kaapstad se ses-en-vyftigjarige mans begin afmaai, is dít kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil darem baie na 'n reeksmoordenaar lyk -- almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom − maar Kassie is net nie oortuig nie . . .

FEESMAAL VIR MISDAADVRATE – TygerBurger – 26.05.2014

By admin  | 

 May 25th, 2014 | 


Rudie van Rensburg se jongste misdaadroman, Kopskoot, word volgende week bekend gestel Kort op die hakke van sy suksesvolle debuutroman Slagyster, het Rudie van Rensburg se tweede misdaadroman, Kopskoot, pas die winkelrakke getref. Rudie, wat in Welgemoed bly, het enige potensiële kritikus se mond gesnoer met sy eerste boek deur tussen ysterskrywers as een ...

Kaapse bekendstelling van Kopskoot

By admin  | 

 May 19th, 2014 | 


Die Kaapse bekendstelling van Rudie van Rensburg se nuwe boek, Kopskoot, vind op 5 Junie in Bellville plaas. Elmari Rautenbach sal met die skrywer gesels.

By Vryfees in Bloemfontein

By admin  | 

 May 8th, 2014 | 


Nuwe talent in spanningsgenre Van Rensburg Patoloë Boekefees Prys: Gratis Tydsduur: 50min Ouderdom en taal: Geen Plek: Van Rensburg Patoloë-Diakonale Lokaal 1 (Van der Merwe-Scholtz-saal) Misdaadromans skiet soos paddastoele op, maar resensente is dit eens: Min skrywers kan by die nuwelinge Rudie van Rensburg en Irma Venter kers vashou. Kom luister wanneer dié twee met Charles Smith gesels oor ...

Finaliste vir pryse bekend gemaak – Rapport – 27.04.2014

By admin  | 

 May 1st, 2014 | 


Die finaliste vir die Media24-boekpryse, onder meer die Jan Rabie-Rapport-boekprys, is pas ­bekend gemaak. Die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse fiksie is Koljander van Carié Maas (Human & Rousseau), Slagyster van Rudie van Rensburg (Queillerie) en Valsrivier van Dominique Botha (Umuzi, Ran-dom House Struik). Die prys word aan die ...

Die speurder is geen macho-held – Die Burger – 21.03.2014

By admin  | 

 May 1st, 2014 | 


Al slaan Afrikaanse speurverhale deesdae soos padda­stoele op, is een debuut deurgaans aangeprys as “ ’n verrassing”, “verwikkeld” en “indrukwekkend”. Boonop is die oud-joernalis Rudie van Rensburg se Slagyster ’n deksels lekker leeservaring. Elmari Rautenbach vra hom uit. ER: Ongetwyfeld die hoogtepunt van jou debuut-speurroman Slag­yster is jou speurder. Deborah Steinmair beskryf hom ...


Sosiale Netwerke


css.php Top