’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.
En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.
Die moordenaar se beplanning is onberispelik en hy laat smetlose moordtonele agter. Boonop pantser deeglike navorsing hom teen foute wat reeksmoordenaars se doppies in die verlede geklink het.
Kassie-hulle is met die rug teen die muur. Danksy bisarre boodskappe by die lyke, loop hulle hul telkens in ’n doodloopstraat vas. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas. Kassie probeer tevergeefs om agter die ware motief vir die wreedaard se moorde te kom. En Rooi pak ’n ondersoek aan wat sy loopbaan en lewe op die spel plaas.
Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die donker rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?
Sosiale Netwerke