Merk

Ná ses maande se siekverlof is kaptein Kassie Kasselman terug in sy pos by die Spookeenheid – taamlik oorgewig en sonder sy pakkie Lucky Strikes.
 
Dadelik word hy en Rooi Els by die diep kant ingegooi wanneer ‘n reeksverkragter ‘n vlaag van paniek in Kaapstad se noordelike voorstede veroorsaak. Die misdadiger glo oënskynlik hy is eintlik empaties teenoor vroue, en beseer hulle nie (buiten dat hy elkeen brandmerk soos ‘n dier), maar dan kry die saak ‘n nóg ernstiger kinkel toe een van die slagoffers grusaam vermoor word.
 
Van hier af gaan dit doller as kopaf. Is die verkragter die man wat beskryf word as die een met die “die sperm van ‘n wildehond”? Of lê die antwoord by die 399-merk op elke slagoffer se lyf? En dan is daar die suggestiewe briefies wat in vroue se posbusse gelaat word . . .
Om sake te vererger word Kassie en Rooi se ondersoek gerem deur ‘n beterweterige kriminele profileerder, en ‘n plaaslike sensasiekoerant sonder ‘n morele kompas kompliseer sake verder.
 
Kassie word swaar beproef, en intussen voel geen vrou veilig nie . . .

Bladsye: 378

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top