Pirana

Beskrywing: Wanneer Kassie Kasselman die saak van ‘n vermiste oudkollega begin ondersoek, is dit duidelik hier skuil meer as net ‘n dwelmverwante verdwyning. Hoe lyk dit dan vir Kassie of dit verband hou met die twee ander sake – ‘n ontvoering en ‘n moord – op sy lessenaar?

Van die Kaapse ganglands tot die Krugerwildtuin met sy renosterstropers; tussen ‘n verslonsde Bolandse hoewe met ‘n grieselrige visdam en die glans-en-skanswêreld van die diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind – of Rooi Els se vrou is visvoer.

Bladsye: 320

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top