Beskrywing:
Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit dalk nie doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees – die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .
“Dis grinterig, gelaai en snaarstyf gespan – ’n meesterlik geweefde leeservaring.” – Deborah Steinmair (Rapport)
“…’n vaartbelynde draaiboek geskryf wat smeek om verfilm te word.” – Schalk Schoombie (Media24-dagkoerante)
“Judaskus van Rudie van Rensburg is die perfekte spanningsverhaal.” – Ilse Salzwedel (Maroela Media)
Sosiale Netwerke