Slagyster

Beskrywing:

DAAR’S  ’N MOORDDOSSIER OP INSPEKTEUR KASSIE KASSELMAN SE LESSENAAR. . .

In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, ’n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur ’n moorddadige rebellegroep.

Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport is ’n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper in die geld rol. Hulle het ’n uiters lonende byverdienste, dansy SAPD-hoëlui en die Nigderiese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?

Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy’s klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe, totdat sy vorige bevelvoerder kom met ’n versoek wat Carl nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. Hy’t self nie ’n silwerskoon verlede nie. . .

Van dit alles moet Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met ’n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?

Lof vir slagyster

“Ek was lanklaas so beïndruk met ’n boek, laat staan nog ’n debuutroman.” –   dr. Elzette Steenkamp in Rapport.

“Hierdie wiewassit word hoog aanbeveel vir onversadigbare misdaadvrate.” – Deborah Steinmair op LitNet.

“Al slaan Afrikaanse speurverhale deedae soos paddastoele op, is een debuut deurgaans aangeprys as “’n verrassing”, “verwikkeld” en “indrukwekkend”.Boonop is die joernalis Rudie van Rensburg se Slagyster ’n deksels lekker leeservaring.” – Elmari Rautenbach in Die Burger.

*  Slagyster is een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir debuutfiksie in 2013 by enige uitgewer.

Bladsye: 347

Beskikbaar by alle boekwinkels (Ook as e-boek beskikbaar). Queillerie-uitgewers


Sosiale Netwerke


css.php Top