Author Archive

Leeumens

Posted on: March 7th, 2025 by admin No Comments

IS KASSIE EN ROOI OP ’N SELFDOODSENDING?

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het se geraamtes word deur ’n stootskraper in ’n veld opgediep.

Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse ondersoek betrokke was.

Maar om ’n saak onder die radar te probeer oplos, blyk gou onprakties te wees. Wanneer Kassie-hulle tot ’n openlike ondersoek oorgaan, maak hulle slapende honde wakker. Hulle beland in ’n maalstroom van ongekende gevare.

’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie.

Hans hou bruilof

Posted on: September 30th, 2024 by admin No Comments

Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings oor aan befaamde troubeplanner Alexander Fokkens. Die swier en omvang van die troue staan Hans egter nie aan nie. Hy is bang dit ontaard in ’n spektakel. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die inwoners van Huis Madeliefie se brandende behoefte om na die majestueuse geleentheid uitgenooi te word, begin die laaste voerings van die troureëlings los te torring. Hans voel aan sy broek se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.

Gebooie dek tafel vir stel spannende raaisels – Jonathan Amid – Augustus 2024

Posted on: September 30th, 2024 by admin No Comments
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/boekresensie-gebooie-dek-tafel-vir-stel-spannende-raaisels-20240804

Priemende blik op reeksmoordenaars – Francois Bekker – Julie 2024

Posted on: September 30th, 2024 by admin No Comments
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/priemende-blik-op-reeksmoordenaars-20240721

Gebooie

Posted on: July 8th, 2024 by admin No Comments

’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.

En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.

Die moordenaar se beplanning is onberispelik en hy laat smetlose moordtonele agter. Boonop pantser deeglike navorsing hom teen foute wat reeksmoordenaars se doppies in die verlede geklink het.

Kassie-hulle is met die rug teen die muur. Danksy bisarre boodskappe by die lyke, loop hulle hul telkens in ’n doodloopstraat vas. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas. Kassie probeer tevergeefs om agter die ware motief vir die wreedaard se moorde te kom. En Rooi pak ’n ondersoek aan wat sy loopbaan en lewe op die spel plaas.

Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die donker rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?

LANK MAG HANS LEWE – EMILE JOUBERT – 3 DESEMBER 2023

Posted on: January 26th, 2024 by admin No Comments
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/boekresensie-lank-mag-hans-lewe-20231203

DWELM – FRANCOIS BEKKER – DESEMBER 2023

Posted on: January 26th, 2024 by admin No Comments
https://letterkunde.africa/article/view/16604

HANS VERSUS DIE SEMENRYKE SKURK – LINZA DE JAGER – 10 NOVEMBER 2023

Posted on: January 26th, 2024 by admin No Comments
https://www.vryeweekblad.com/boeke/2023-11-10-hans-versus-die-semenryke-skurk/

Sosiale Netwerke


css.php Top