Author Archive

Koebaai Hans, hallo Soois van die Knersvlakte – Elretha Britz – 3 Oktober 2025

Posted on: October 16th, 2025 by admin No Comments

https://www.netwerk24.com/kunste/boeke/koebaai-hans-hallo-soois-van-die-knersvlakte-20251002-0322

Rudie se 15de sal aanhangers in sewende hemel sit – Jonathan Amid – 6April 2025

Posted on: October 16th, 2025 by admin No Comments

https://www.netwerk24.com/kunste/boeke/resensie-rudie-se-15de-sal-aanhangers-in-sewende-hemel-sit-20250406

Leeumens bevestig op nuut bedrewenheid – Francois Bekker – 3 Maart 2025

Posted on: October 16th, 2025 by admin No Comments

https://www.netwerk24.com/kunste/boeke/leeumens-bevestig-opnuut-bedrewenheid-20250302

Eleksie op Erdvark

Posted on: October 16th, 2025 by admin No Comments

Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar hy sonder moderne tegnologie moet klaarkom. Met die naderende munisipale eleksie neem sy probleme net toe.

Burgemeester en sakeman Duimpie du Plooy dreig om syadvertensies uit die koerant te onttrek as Soois iets oor die
verkiesing skryf waarmee hy nie tevrede is nie.

Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen eerlike joernalistieken beriggewing wat nie op tone trap nie. Geensins ’n malike taak nie, want vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. Die regerende party is onder meer vurige kampvegters vir die behoud van kleinhuisies terwyl die opposisie spoeltoilette op die dorp wil laat installeer.

Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot
amptelik.

Leeumens

Posted on: March 7th, 2025 by admin No Comments

IS KASSIE EN ROOI OP ’N SELFDOODSENDING?

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het se geraamtes word deur ’n stootskraper in ’n veld opgediep.

Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind. Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die drie speurders wat by die destydse ondersoek betrokke was.

Maar om ’n saak onder die radar te probeer oplos, blyk gou onprakties te wees. Wanneer Kassie-hulle tot ’n openlike ondersoek oorgaan, maak hulle slapende honde wakker. Hulle beland in ’n maalstroom van ongekende gevare.

’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie.

Hans hou bruilof

Posted on: September 30th, 2024 by admin No Comments

Wanneer die bejaarde maar onstuitbare Hans besluit om te trou, laat sy aanstaande bruid se ryk familie die troureëlings oor aan befaamde troubeplanner Alexander Fokkens. Die swier en omvang van die troue staan Hans egter nie aan nie. Hy is bang dit ontaard in ’n spektakel. En gou besef Fokkens dat Hans van Kraaienburg hom nie laat hiet en gebied nie. Toe vriend Vasie boonop ondeurdagte planne beraam om geld te maak uit die inwoners van Huis Madeliefie se brandende behoefte om na die majestueuse geleentheid uitgenooi te word, begin die laaste voerings van die troureëlings los te torring. Hans voel aan sy broek se pype dat die bruilof op ’n ramp afstuur.

Gebooie dek tafel vir stel spannende raaisels – Jonathan Amid – Augustus 2024

Posted on: September 30th, 2024 by admin No Comments
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/boekresensie-gebooie-dek-tafel-vir-stel-spannende-raaisels-20240804

Priemende blik op reeksmoordenaars – Francois Bekker – Julie 2024

Posted on: September 30th, 2024 by admin No Comments
https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/priemende-blik-op-reeksmoordenaars-20240721

Sosiale Netwerke


css.php Top